Copyright (c) Vaal Pigeon Union

Vaal Posduif Unie

Powered by: ITCity

VPU Wedvlugseisoen - 2007

Bladsy 1

                                                                         

 

Elke duiweseisoen sorg vir sy eie hoogte en laagtepunte. So ook die 2007 seisoen. Ons het die eerste 6 wedvlugte oos gevlieg tot by Pinetown. Die eerste paar wedvlugte was oor die algemeen ‘n nagmerrie. Die week voor die eerste wedvlug het ons vreeslik baie duiwe verloor met duiweboere wat amper al hulle duiwe verloor het. Verliese van 50 tot 100 duiwe was algemeen en was daar baie van ons duiweboere met hande in die hare.
Die geleerde mense skryf dit toe aan sonvlekke wat die magnetiese velde van die aarde aangetas het. Sommige van ons duiweboere wat water aanwys beweer hulle toerusting wou ook die betrokke week nie werk nie.

 

Die oos roete het verder gesorg dat die wedvlugte se spoed vreeslik gedaal het en was daar bv. in ons klub tot ‘n uur verskil tussen die eerste en laaste duif. Ons het gesukkel om 30 duiwe te kry om die “sheet” vol te maak. Ander duiweboere in Vanderbijlpark het weer goed geklok. Een ding wat ons egter geleer het dat jy nie ‘n onervare duif in daardie rigting kon stuur en verwag om dit te klok nie. Baie van ons het wenners en dubbel wenners verloor op die oos roete.

 

Met die draai van die rigting was Arend hokke voor met die punte en moes ons almal bont staan. Hy was een van die kandidate om te wen maar moes weens duiwe wat siek geword het die rem aandraai. Just a hobby bestaande uit die vennootskap van Johan Jonker en Boet Badenhorst het die hele seisoen baie goed gekompeteer en was derhalwe die wenners van die VPU se 2007 Algehele Kampioenreeks. Die Jongduif en Ope duifreekse se punte saamgetel word om sodoende die wenner te bepaal..


 Die Jongduifreeks is beslis oor 8 wedvlugte en Kenwiek Hokke bestaande uit Kenny Hills, Pat Nelson en Wiek Booysen het die reeks gewen.

 Die uitslae vir die 2007 wedvlugseisoen is as volg:-

VPU Wedvlugseisoen 2007